Testimonials

Some inspiring Princess stories

 

“Dear Helga and Erica, Once again we thank you for all your help and time you gave the girls. I will forward you some more pictures that Araminta took in the township which were also special. Thank you giving her our contact details, she took beautiful pictures. I sent you the photos of the 2 girls who used the outfits and they truly looked beautiful – they would not have been able to attend without your help.Your patience and care on the day was amazing and it meant a lot to the girls – thank you – the evening was very special – the dance was at Kelvin Grove and each person was made to feel very special. I know you sometimes wonder if this is all worth it but for our Leap students this was wonderful and we really appreciate your kindness.”

” I just want to take this time to thank you Elsa for this Project.

What you do for others is truly amazing. Thank you very much for the dress. I looked stunning in it and because of you and Delene I had such a great night. I value everything that you did for me, without you I doubt my ball would have been as good as it was. Your good act of kindness will always be cherished by me. May God continue to bless you and your family for all the goodness that you do. Stay blessed. 

Kelly Mutizira

unknownPelgrimsrus. – Die Pilgrims Rest City Secondary School het 12 jaar gelede sy deure geopen, maar gr. 12’s van die skool het vanjaar vir die eerste keer ’n matriekafskeid gehad.

Nuuskierige inwoners, smouse en toeriste het eergisteraand voor die Royal Hotel in die dorp saamgedrom om die dorpie se matrikulante gade te slaan wat in prag en praal hul afskeid gehou het. Vroue het opgewonde gejil en in die straat gedans telkens wanneer ’n veteraanmotor ’n paartjie voor die rooi tapyt afgelaai het.

“Kyk hoe mooi lyk ons kinders!” het ’n vrou kort-kort hardop uitgeroep. Niemand weet of sy ’n ouer of net ’n ondersteuner was nie, maar dit het nie saak gemaak nie.

Dié behoeftige skooltjie, wat nie eens ’n personeelkamer het nie, kon dit sedert 1998 nooit bekostig om ’n matriekafskeid te hou nie. “Toe ek vroeër vanjaar ’n paar leerlinge uitgevra het oor wat hulle vir hul matriekafskeid beplan, het hulle my aangekyk asof ek van ’n ander planeet af kom.

“Ek het daar en dan besef ons as gemeenskap moet iets vir hierdie pragtige kinders doen,” het mev. Isabel Jacobs, organiseerder van die afskeid en inwoner, vertel. “Baie leerlinge in gegoede skole aanvaar dit as vanselfsprekend dat ’n matriekafskeid hulle beskore is, maar nie hierdie matrikulante nie. Hulle kon hulle dit nooit eens indink of daaroor droom nie,” het sy gesê.

 Jacobs het ’n reëlingskomitee, bestaande uit mev. Christine Rowe, mnr. Marius Brummer, mev. René Reinders en mev. Sharon Paterson, op die been gebring en saam het hulle ander ondernemings in die museumdorp betrek om ’n matriekafskeid te reël.

Die komitee het skenkings bymekaar gemaak. Daar is onder meer by die Princess Project aangeklop wat landwyd balrokke en pakke vir behoeftige matrikulante insamel. Daaruit kon die Pelgrimsrus-skooltjie se 26 matrikulante kies wat hulle op hul spesiale aand wil dra. Selfs die skoene en juwele het ingestroom. Die onthaal is in die Royal Hotel se Diggers Den gehou met pienk blomme, vere en balmaskers as tafelruikers.

“Dit is meer as wonderlik. Hoe kan ’n ouer hiervoor dankie sê? “Ek het my dogter nog nooit so mooi gesien nie,” het mev. Gladys Mashego, ma van die hoofmeisie, Goodness, tussendeur die trane vertel. Thapelo Maphanga, die hoofseun, het gesê die geselligheid was die hoogtepunt van sy matriekjaar. “Ek sal dit vir ewig onthou,” het hy gesê.

new.jpg

Vir die kinders wat dit nie kan bekostig om aan die einde van hul skoolloopbaan hulle eie matriekafskeid by te woon nie, is daar nuwe hoop met die Princess Project. Hierdie inisiatief is reeds drie jaar gelede begin deur twee vroue van Kaapstad, waarna dit uitgebrei het na ‘n tak in Pretoria, Durban, ‘n tweede tak in Kaapstad en nou ook een in George.
Daar is al oor die projek berig op die televisieprogramme Top Billing en Kwêla en ‘n artikel verskyn daaroor in die Maart 2010 se uitgawe van Vroue Keur.

“Hierdie projek gaan daaroor om vir minderbevoorregte meisies en seuns wat nie ‘n uitrusting kan bekostig nie, die geleentheid te gee om na die dans te gaan en soos ‘n prinses of prins te voel in ‘n pragtige rok of deftige aandpak,” vertel Janine Paton wat die George-tak bestuur.
“Op die oomblik fokus ons op die jaareinddanse, maar beoog om in die toekoms ook met troues te help.”
Die idee is dat die gemeenskap hulle ou uitrustings wat stof vergaar aan die projek skenk, wat dan aan geskikte kandidate uitgeleen word.

Janine benodig ‘n versameling uitrustings van verskeie groottes en style. Sy verlang donasies van die volgende items: aandrokke, balrokke, strooimeisierokke, trourokke, aandpakke, hemde, dasse, skoene, sandale, handsakke en juwele, hangers, kleresakke, skoenbokse, klerekaste en -relings.
Ander maniere waarop mense kan help, is met die droogskoonmaak van rokke asook die verstelling of herstel van kledingstukke.

Hulp word ook benodig met die mooimaak-sessies op die aand van die geleentheid – met die grimering, haredoen, aantrek en selfs met die vervoer in ‘n spoggerige motor.
‘n Geldelike bydrae kan selfs gebruik word vir die koop van die danskaartjies of vir droogskoonmaakdienste of verstellings.

Om betrokke te raak by die projek, kontak Janine by 082 839 4447.